Select Language:

In 1962 het´n wiskunde professor genaamd Edward O. Thorp “Beat the Dealer” gepubliseer, die eerste boek wat wiskundig bewys het dat die huis se voordeel in Blackjack omgekeer kan word deur kaarte tel. Daardie boek, gepubliseer meer as 50 jaar gelede, het die grondwerk gelê vir duisende kaarttellers om hul geluk te probeer teen berugte casino sekuriteitsstelsels.

Wat Thorp bewys het met behulp van rekenaar simulasie, statistieke en baie van sy eie navorsing, was iets wat baie dobbelaars al ´n geruime tyd geweet het – dat wanneer die pak vol van hoë waarde kaarte soos 10e of Aas is, spelers meer gereeld wen. In Blackjack skommel die kaartdelers veelvuldige pakke kaarte saam in ‘n houer (ook ´n “shoe” genoem), en eers as al die kaarte amper klaar gedeel is, skommel hulle weer. Thorps se revolusionêre metode het net vereis dat spelers tred hou met die kaarte wat gedeel was, vir elkeen ´n waarde gee en ‘n lopende telling hou.

Suksesvolle kaarttellers is nie noodwendig oneerlik en bedroglik, of het die IK van ‘n skaakmeester nie. Die feit is, eenvoudige kaarttelmetodes soos die Aas/Vyf metode kan binne tien minute geleer word, alhoewel sukses gaan afhang van hoeveel aandag aan details gegee word, sowel as vinnige rekenkunde. Die enigste inligting wat vereis word om tel te hou, is watter kaarte reeds gedeel is – iets wat natuurlik ´n sentrale rol speel in Blackjack (m.a.w. ‘n casino sal nie ‘n speler kan verhoed om kaarte te tel sonder om die reëls drasties te verander nie).

Stel jou voor ‘n persoon met ‘n fotografiese geheue stap die casino in.  So ‘n persoon sal perfek kan onthou presies watter kaarte hulle gesien het word gedeel deur die loop van die aand. So vir hulle om die kaarte te volg is niks moeiliker as wat dit vir jou is om die waarde van ´n  kaart te lees wat gesig boontoe lê nie. As so ´n  person besef, sonder vorige opleiding, dat ‘n pak vol 10e en Aas beter is vir ‘n speler en daarvolgens weddenskappe plaas, sou hy beskou word as ’n kaartteller, en kan ´n casino hom dus na regte uitskop?

Die teenargument van die “openbare inligting” argument is dat die casino in die besigheid is om ‘n wins maak deur ‘n vermaaklikheidsproduk te verkoop wat duidelik bemark is as ‘n onderneming waar die speler aan die verloorkant is. Casinos is privaat maatskappye met ‘n winsmotief wat aan die einde van die dag volle beheer het oor wie hulle wil toelaat. Net soos ‘n restaurant eienaar ‘n professionele spoed eter kan keer om aan ‘n “eet soveel as wat jy kan” promosie deel te neem, is ‘n casino geregtig daarop om ‘n professionele kaartteller uit te sluit, en vir dieselfde rede – namens dat die kliënt vir hom ‘n verlies gaan maak.

Baie casinos het hul huisreëls vir Blackjack verander as gevolg van die bedreiging van kaarttellers. Wysigings soos die verhoging van die aantal pak kaarte, of ´n  verandering in reëls wanneer jy kan verdubbel en verdeël, maak dit moeiliker vir kaarttellers om ‘n positiewe oorhand te kry, maar dit beteken ook dat spelers wat slegs vir ontspanning speel ook meer verloor.

Kaartte tel is nie die enigste vorm van voordelige spel wat casinos versigtig voor moet wees nie. Poker legende Phil Ivey het in 2012 ‘n 2-jaar hofstryd begin om £7.3 miljoen wat hy gewen het in die speletjie Punto Banco by Crockfords casino in Londen, uitbetaal te kry. Die probleem was dat hy dit gewen het deur sogenaamde ‘edge sorting’, deur klein merkies in die gesigkant van kaarte te maak om hulle te kan identifiseer, wat sy kanse uiters verbeter het. Dit het na vore gekom dat Ivey en ‘n kollega ‘n private hoë-spel tafel versoek het, en ook versoek het dat die kaartdeler die kaarte beweeg en omkeer, vermoedelik om identifikasie makliker te maak. In teenstelling met kaarte tel, wat afhang van publieke inligting, moes Ivey uitvind of Crockfords se kaarte deur ‘n spesifieke vervaardiger met bekende, maar baie klein, foute gemaak is. Hy het ook bedriegelik teenoor die handelaar opgetree deur te lieg oor sy motiewe after die skuif van kaarte.

Byna al die howe wat sake verhoor het van kaarte tel, het dit wettig verklaar – wat beteken dat casinos nie kaarttellers se wengeld kan weerhou nie, selfs al is hulle uitgeskop. Ivey was anders behandel omdat hy ‘n swakheid uitgebuit het waarop die casino nie voorbereid was nie. Hierdie blyk belangrike wetlike lakmoes-toetse te wees oor of ´n voordeel spel regverdig is, waar ‘edge sorting’ as onwettig gesien word en kaarte tel as wettig.

Deur die pak na elke hand te skommel in Blackjack, kan ‘n casino vir ewig ontslae raak van kaarttellers. Die feit dat casinos dit kan doen, maar nog nie hierdie stap geneem het nie, dui daarop dat kaarte tel nie so ´n groot bron van kommer is nie.  Vir elke suksesvolle kaartteller, of span van kaarttellers, is daar waarskynlik dosyne amateurs sonder die kennis of geduld om geld te maak, en honderde gereelde spelers wat nie weet of omgee wat kaarte tel is nie. Wettiglik en moreel gesproke is kaarttellers nie oneerlik nie, maar dit is moelik om te argumenteer dat casinos wetlik verplig is om hulle toe te laat. Dit lyk asof die groot kat-en-muis speletjie tussen kaarttellers en sekuriteit nog ‘n hele ruk lank gaan duur.