Select Language:

As daar een ding is wat casinos beter doen as om mense van hulle geld te verlig, is dit om ná die tyd daardie geld vir hulself te hou. Deur die eeue het rowers gereeld suksesvol ingebreek in teikens wat as “onderdringbaar”, “onbreekbaar” of “die veiligste plek op aarde” beskryf is, insluitende banke, museums, en die Tower of London. Sover ons weet het geen rower tot dusver daarin geslaag om ´n casino kluis in te dring en met die opbrengs uit te kom nie. In hierdie artikel kyk ons na die omvattende sekuriteitsmaatreëls wat agter die skerms aangaan om daardie perfekte rekord te behou.

´n Suksesvolle casino sekuriteitsoperasie moet verskeie natuurlike struikelblokke oorkom. Eerstens moet casinos reuse bedrae kontant veilig hou; in Vegas moet casinos genoeg kontant hê om die totale waarde van elke speelskyf op die dobbelvloer te dek. Tweedens moet die publiek toegang hê tot veel groter areas van die perseel as wat hulle byvoorbeeld sou hê by ´n bank. Laaste, maar nie die minste nie, staar personeel elke dag ´n enorme versoeking in die gesig om te kroek, saam te span of te steel, en dikwels het hulle nie veel lojaliteit teenoor hulle werkgewers nie.

Sekuriteit begin reeds by die ontwerp van ´n nuwe casino – en een van die maklikste maniere om die ingange en uitgange te beheer, is om so min as moontlik daarvan te maak. ´n Tipiese casino sal een kliënte- en een diensingang hê, beide hewiglik bewaak en so vêr as moontlik van die straat af geplaas. Dobbelvloere is dikwels ´n tipe van ´n doolhof van kort, nou gangetjies (´n ontwerpfunksie wat dit moeilik maak om te vlug, en blykbaar spelers meer gemaklik maak). Sou jy dit so vêr maak as die beperkte gebiede, sal jy sien dat dieselfde patroon herhaal word – gange is presies dieselfde geverf, draaierig en herhalend; wat dit amper onmoontlik maak vir onverwagte gaste om hul pad te vind. 

Die beloningskaarte wat spelers oorhandig by ´n tafel is nie net sodat jy gratis drankies kan kry nie. Daardie kaartjies is inderwaarheid ´n uitstekende manier vir die bestuur om ´n groot hoeveelheid inligting te kry – van spelers se naam en elke enkele weddenskap wat hulle maak by ´n spesifieke tafel, tot saam met wie hulle daar is en hoeveel hulle verloor het. Die casino kan selfs terugkyk deur hulle spelers se adresse en werksplekke vir tekens van NORAs (non-obvious relationships) wat ´n aanduiding kan wees van sameswering. In die sekuriteitskamer sif kragtige rekenaars deur reuse databasisse, opsoek na ongewone optredes, nie-tipiese weddenskappatrone of vorige speler/kaartdeler verhoudings. Hierdie rekenaars mag selfs opmerk indien, byvoorbeeld, ´n speler aanhoudend goeie resultate kry by een spesifieke kaartdeler of as twee of meer mense altyd alleenlik saam speel, wat ´n teken kan wees van sameswering.

Die toerusting wat grootliks deur casino sekuriteit gebruik word is natuurlik die reuse netwerk van kameras wat dikwels die hele dobbelvloer dek. In groot inrigtings mag daar dalk netwerke van honderde, of selfs duisende, kameras wees wat 24/7 deur die sekuriteitsspan gemonitor word. Hierdie kameras is nie net passiewe waarnemers nie, en kan met die hand beheer word om reg deur die aand spesifieke spelers te volg, sonder enige probleme en sonder dat hulle daarvan weet. Moderne sekuriteitskameras kan kliënte se gesigte herken, die spelskywe volg met Radiogolf ID, outomaties sien wanneer kaarte getel word en selfs weet wanneer iemand meer speelskywe ronddra as wat hy gekoop of gewen het. 

Die reuse sekuriteitsoperasies wat by casinos gehandhaaf word maak suksesvolle rooftogte byna ´n sprokie en sameswering geweldig moeilik. Casinos huur sekuriteitskenners, programmeerders, kriptograwe en spelteoriste om die optrede van kliënte en personeellede te monitor, tot op die punt wat dit sommige ongemaklik maak. Nietemin word hierdie sekuriteitsmasjiene foutloos en eindeloos voorgelê. So aan enige voornemende casinorowers daar buite – moenie eens probeer nie; kies liewer iets makliker soos Fort Knox.