Select Language:

Vandat die eerste weddenskap baie, baie jare gelede vir die eerste keer geplaas is, is dit sedertdien die inspirasie vir oneindige stories, fabels, teorieë, kritiek en legendes. Hier kyk ek na sommige van die hedendaagse wêreld se mees berugte casino wolhaarstories, en stel die saak reg.

#1 – Daar is ´n stelsel om te kan wen: Die grootste, oudste en mees gevaarlike mite daar buite is, natuurlik, dat dobbelary ´n lonende bedryf kan word vir enige iemand buiten die casino. Dit is ook ´n verdelende wanbegrip wat ´n wig dryf tussen díe wat die realiteit aanvaar, en díe wat steeds vasklou aan die waansin dat hulle wenresultate kan voorspel of beheer.

Voor hierdie mite geheel en al uitmekaar geskeur word, is dit die moeite werd om ´n onderskeiding te maak tussen rampsalige stelsels en voordeelspel, wat die huis se oorhand kan omkeer. Kaarte tel in Blackjack, alhoewel dit geld, tyd en geduld verg, is ´n voorbeeld van die laasgenoemde.

Weddenskapstelsels gebruik ´n gestruktureerde stelsel van weddenskappe wat veronderstel is om ´n wen te waarborg, of dit ten minste meer waarskynlik te maak. Nietemin, Patrick Billingsley, ´n wiskunde professor en gesag in dobbelary, het beroemd gesê dat geen weddenskapstelsel ´n minder regverdige spel (m.a.w. ´n spel wat geskep is om die speler te laat verloor) kan omkeer in ´n winsgewende bedryf nie. Die “Martingale” - ´n besonder beroemde strategie, vereis dat spelers hul weddenskap verdubbel elke keer as hulle verloor. Dit lei nie slegs baie vining na baie groot weddenskapbedrae nie, maar dit maak absoluut geen verskil aan die huis se oorhand nie, wat beteken dat die Martingale, en enige ander stelsel, spelers steeds aan die verloorkant hou.

Ander “wen” stelsels word baie keer gegrond op die dobbelaar se wanbegrip; soos wanneer iets meer gebeur as wat dit “moet” (soos byvoorbeeld in Roulette wanneer dit op rooi val) dan is dit net ´n kwessie van tyd voor dit die teenoorgestelde uitkoms (swart) se beurt is. Danksy hierdie mite maak casinos al vir generasies lekker wins, maar niemand meer as Monte Carlo’s nie, waar rooi een dag in 1913, 26 keer in ´n ry geland het. Daar word gesê dat dit een van die mees winsgewende dae in die casino se geskiedenis was, met mense wat oor en oor ´n fortuin op swart geplaas het.

#2 – Casinos word gereeld beroof: Onthou jy die fliek Ocean’s Eleven? ´n Groep  gesofistikeerde kriminele beplan om 3 casinos gelyk te beroof nadat hulle ´n kernbunker-styl kluis oopbreek. In die proses veroorsaak hulle ´n stadswye kragonderbreking en wen ook sommer Danny Ocean se pragtige vrou terug vanaf ´n afsydige casino magnaat se sy.

Ongelukkig is die realiteit baie anders. Casinos word wel af en toe ingeloop deur spelers en personeellede wat saamsweer, met Melbourne se Crown Casino wat onlangs $33m verloor het aan ´n hoë roller in Baccarat en Poker. Dit het later aan die lig gekom dat die speler gehelp is deur ´n casino werknemer met toegang tot die kamera skerms.

Nietemin, die grootste casino rooftog ooit, sonder enige hulp van binne, het ´n redelike skamele $2.5m in die sak gesteek in ´n ongesofistikeerde grypaanval. Een van die rowers, 43-jarige Roberto Solis, het bewys hoe min eer daar is tussen rowers deur sy 21-jarige meisie met $1,000 kontant agter te laat en weg te hardloop. In realiteit het casinos sulke ontsaglike goeie sekuriteitsstelsels dat baie min ooit probeer om van hulle te steel, en nóg minder ooit daarmee wegkom.

#3 – Slotmasjien sprokies: Miskien was dit onvermydelik dat met die ontstaan van elektroniese dobbelary, ´n hele nuwe golf van mites, gerugte en misverstande sou gebore word. Algemene slotmasjien-spesifieke mites sluit in:
Slotmasjiene pomp suurstof in die lug om jou wakker of aan die speel te hou.
Slotmasjiene naby die paadjie betaal meer gereeld uit, sodat kliënte wat daar aankom meer wenners sien.
´n Masjien wat lanklaas uitbetaal het behoort binnekort ´n boerpot te slaan.
Casino werknemers kan kies watter kliënte gaan wen en dan self die boerpot laat losbrand.

Elkeen van hierdie mites is geheel en al onwaar en baie van hulle sou gesien word as regulasie van dobbelwette. Alle slotmasjiene in casinos word deur elektroniese veranderlike nommer ontwikkelaars beheer, en om ´n slotmasjien te herprogrammeer sal jy fisies die masjien moet oopmaak en die mikroskyfie vervang; dit kan verseker nie van ´n afstand gedoen word nie. Alhoewel casinos dalk moontlik sommige slotmasjiene wat meer gereeld uitbetaal naby die paadjies kan sit, soos byvoorbeeld ´n speletjie met klein, gereelde uitbetalings in plaas van ‘n 1,000,000/1 boerpot, betaal dieselfde tipe slotmasjiene almal ewe gereeld uit. Die suurstof mite is veral absurd, aangesien hierdie gas giftig is in sy suiwer vorm.

Dit beteken nie dat casinos nie enige en alle maniere sal probeer om jou binne te hou nie. Die dobbelvloer sal meestal geen vensters of horlosies hê nie, sowel as ´n onbeperkte voorraad van gratis drankies, baie keer met alkohol in.