Select Language:

Privaatheidsbeleid

Springbok Casino erken jou reg op privaatheid en is verbind tot die beskerming daarvan. Die volgende verklaring openbaar die inligting wat deur Springbok Casino ingesamel word.

 

Watter inligting word ingesamel en hoekom?

Ten einde jy vir egte geld kan speel by Springbok Casino, het ons jou naam, e-posadres, posadres, kredietkaart nommer en vervaldatum nodig. Hierdie inligting laat ons toe om al jou kredietaanvrae vinnig en akkuraat te verwerk.

Wanneer jy inskryf vir ´n kompetisie of promosie by die casino mag ons jou vra vir jou e-posadres, posadres en naam sodat ons die wenners in kennis kan stel. Jy kan uitteken uit enige epos wat jy nie van ons wil ontvang nie.

Wanneer jy aan ´n kliënte opname deelneem mag ons jou vra vir jou naam, e-posadres en ander persoonlike inligting. Ons doen dit om seker te maak dat ons casino gestruktureer en gewysig kan word volgens die wense van ons spelers.

Ons monitor spelers se bewegingspatrone en webbladgebruik om ons te help om die ontwerp van ons dobbelwebblaaie te ontwikkel en verbeter.

Ons mag jou IP-adres gebruik om probleme met ons bedieners op te spoor, en om ons webblad te administreer. Jou IP-adres word gebruik om breë demografiese inligting in te samel.

 

Advertensie stelsel

Ons advertensie stelsel teken IP-adresse aan om meer akkurate advertensiefunksies te verskaf, soos taal-spesifieke webbaniere. Dit teken NIE enige e-posadresse aan nie.

 

Rekening Registrasie Inligting

Die rekening besonderhede wat gedurende die rekeningaansluitingsproses verskaf word, word streng vertroulik gehou vir ons eie doeleindes. Ons deel NIE hierdie inligting met enige derde party maatskappy en/of organisasie nie.

Hierdie besonderhede sluit kliënte se e-posadresse en ander persoonlike inligting in wat tydens registrasie verskaf is. As jy jou persoonlike besonderhede aan ons verskaf, sal die inligting slegs gebruik word waarvoor dit bedoel is, soos om vir ons toe te laat om vir jou uitbetalingstjeks te stuur, sowel as ander inligting wat jy mag versoek.

E-posadresse word NIE met enige ander organisasies gedeel vir kommersiële of nie-kommersiële doeleindes nie. E-posadresse sal slegs gebruik word om kliënte in kennis te stel aangaande nuwe sagteware opgraderings, promosionele materiaal, en allerlei casino bedrywighede, soos deposito’s en onttrekkings.

Ons versamel die e-posadresse van mense wat deur middel van e-pos met ons in kontak tree.

 

Wengeld

Jou wengeld en uitbetalings word streng vertroulik gehou, en inligting oor jou wengeld word gestoor in omgewings met beveiligde bedryfstelsels. Springbok Casino hou inligting oor jou wengeld privaat en voorsien nie hierdie inlligting aan enige derde party nie, tensy dit vereis word dat sodanige inligting geopenbaar word volgens wet, regulasie of enige regerings- of bevoegde regulatoriese gesag.

 

Gaan Springbok Casino my besonderhede aan derde partye verkoop?

 

Springbok Casino sal nie nou of in die toekoms sy spelers se vertroulike inligting aan enige partye verkoop, verhandel of verhuur nie. Springbok Casino mag gesamentlike statistieke oor ons spelers, verkope, internetverkeer, en verwante webbladinligting aan ´n betroubare derde party verskaf. Nietemin, hierdie statistieke sal geen inligting bevat wat persoonlike identifisering moontlik kan maak nie. Springbok Casino laat ook al sy spelers toe om uit te teken uit enige e-posse wat hulle nie meer vanaf ons wil ontvang nie. Jy kan uit teken deur ons te kontak.