Select Language:

Interesting Articles

Here you will find various articles, that we think are interesting reads.

In 1962 het´n wiskunde professor genaamd Edward O. Thorp “Beat the Dealer” gepubliseer, die eerste boek wat wiskundig bewys het dat die huis se voordeel in Blackjack omgekeer kan word deur kaarte tel. Daardie boek, gepubliseer meer as 50 jaar gelede, het die grondwerk gelê vir duisende kaarttellers om hul geluk te probeer teen berugte casino sekuriteitsstelsels.

Wat Thorp bewys het met behulp van rekenaar simulasie, statistieke en baie van sy eie navorsing, was iets wat baie dobbelaars al ´n geruime tyd geweet het – dat wanneer die pak vol van hoë waarde kaarte soos 10e of Aas is, spelers meer gereeld wen. In Blackjack skommel die kaartdelers veelvuldige pakke kaarte saam in ‘n houer (ook ´n “shoe” genoem), en eers as al die kaarte amper klaar gedeel is, skommel hulle weer. Thorps se revolusionêre metode het net vereis dat spelers tred hou met die kaarte wat gedeel was, vir elkeen ´n waarde gee en ‘n lopende telling hou.

Vandat die eerste weddenskap baie, baie jare gelede vir die eerste keer geplaas is, is dit sedertdien die inspirasie vir oneindige stories, fabels, teorieë, kritiek en legendes. Hier kyk ek na sommige van die hedendaagse wêreld se mees berugte casino wolhaarstories, en stel die saak reg.

#1 – Daar is ´n stelsel om te kan wen: Die grootste, oudste en mees gevaarlike mite daar buite is, natuurlik, dat dobbelary ´n lonende bedryf kan word vir enige iemand buiten die casino. Dit is ook ´n verdelende wanbegrip wat ´n wig dryf tussen díe wat die realiteit aanvaar, en díe wat steeds vasklou aan die waansin dat hulle wenresultate kan voorspel of beheer.

Voor hierdie mite geheel en al uitmekaar geskeur word, is dit die moeite werd om ´n onderskeiding te maak tussen rampsalige stelsels en voordeelspel, wat die huis se oorhand kan omkeer. Kaarte tel in Blackjack, alhoewel dit geld, tyd en geduld verg, is ´n voorbeeld van die laasgenoemde.

Weddenskapstelsels gebruik ´n gestruktureerde stelsel van weddenskappe wat veronderstel is om ´n wen te waarborg, of dit ten minste meer waarskynlik te maak. Nietemin, Patrick Billingsley, ´n wiskunde professor en gesag in dobbelary, het beroemd gesê dat geen weddenskapstelsel ´n minder regverdige spel (m.a.w. ´n spel wat geskep is om die speler te laat verloor) kan omkeer in ´n winsgewende bedryf nie. Die “Martingale” - ´n besonder beroemde strategie, vereis dat spelers hul weddenskap verdubbel elke keer as hulle verloor. Dit lei nie slegs baie vining na baie groot weddenskapbedrae nie, maar dit maak absoluut geen verskil aan die huis se oorhand nie, wat beteken dat die Martingale, en enige ander stelsel, spelers steeds aan die verloorkant hou.

As daar een ding is wat casinos beter doen as om mense van hulle geld te verlig, is dit om ná die tyd daardie geld vir hulself te hou. Deur die eeue het rowers gereeld suksesvol ingebreek in teikens wat as “onderdringbaar”, “onbreekbaar” of “die veiligste plek op aarde” beskryf is, insluitende banke, museums, en die Tower of London. Sover ons weet het geen rower tot dusver daarin geslaag om ´n casino kluis in te dring en met die opbrengs uit te kom nie. In hierdie artikel kyk ons na die omvattende sekuriteitsmaatreëls wat agter die skerms aangaan om daardie perfekte rekord te behou.